Dis dit!


Iets knaag al n geriume tyd aan my. Ek het nie mooi besef wat nie … tot vandag. Die hele ding het eintlik al in 2018 in Thailand begin toe ek ervaar het hoe die “locals” daar lewe. Iets aan hulle eenvoudige bestaan het my diep getref. Die meerderheid is opreg vriendelik en tevrede met hulle dag tot dag bestaan. Tog het ek nooit daar ervaar dat enige iemand bedel vir kos nie. Almal rits op “scooters” rond en padreëls is daar blykbaar nie. Jy vat n “gap” waar jy n “gap” kry … of jy maak n “gap.” “Somehow” vind almal (meestal) hulle pad om mekaar. Boeddhisme (nie seker van die spelling nie) is vir my eenvoudig “beautiful.” Dis eerder n leefstyl as n geloof. As jy my ken, sal jy weet ek is groot op leefstyl. Ek doen nie oppervlakkige kak nie.

Ek bedink die lewe al maande … miskien jare. Ek hoor hoe sommige mense vroeg sterf. Ander leef weer tot n goeie ouderdom. Sommige sukkel met siektes of gesondheidsprobleme. Juis nou die dag is Shane Warne skielik oorlede in die einste Thailand. Die ou het alles in die lewe gehad … “fame, fortune” en die “high life” … en daar is hy dood op n jeugdige 52.

Op 56 voel ek asof ek nog 36 is … en nog my hele lewe voor my het. Ek kan nie dink dat iemand op my ouderdom al kan sterf nie. Tog gebeur dit.

What a waste!” Ok, darem nie heeltemal nie. Ek sal ook seker n paar jaar van my lewe prysgee as ek n draai of twee by Liz Hurley kan gooi. Nee, ek grap. My lewe is meer werd as daai bietjie plesier (en baie stront) wat sy my kan gee.

Wat is die sin daaraan?

Ek dink oor die alledaagse mens se bestaan en al wat ek sien is hamsters wat elke dag dieselfde wiel beklim op die pad na nêrens. Die arme goed werk hulself simpel net om een of twee keer per jaar gou bietjie te gaan vakansie hou iewers. Die een is meer ongelukkig as die ander. Baie is vasgevang in verhoudings en werke waaruit hulle geen vervulling of genot kry nie. My fok, dis hartseer. In die proses jaag almal liefde ná … wat meestal jou wêreld in stukke laat. Die een ou probeer die ander uitbuit om soveel geld moontlik te maak. Die een lieg meer as die ander. Sommige suip hulle lewens om … en is moer “impressed” met hulself en al die onsinnige kak wat hulle al opgegaar het. Hulle oppervlakkige bestaan irriteer my. Ek sien geen sin of nut daarin nie.

Geen wonder ek voel n sterk band of ‘een wees’ (is daar só woord?) met John Lennon al sedert my tienerjare nie.

Ek praat nou baie soos die ou gepraat het.

Dis n feit dat ek al baie jare die “road less travelled” leef … vry en lig. Tog dink ek dis tyd dat ek na die “next level” toe aanskuif. Dinge gaan verander … en dit gaan hier en nou verander. Die daaglikse bestaan van werk, eet, kak en slaap werk nie te lekker vir my nie. Ek doen al n geruime tyd dinge op my terme. Ek werk wanneer ek wil en tot hoe laat dit my ookal pas. Ek vat nie projekte aan waarvoor daar druk en spertye is nie. Ek skryf en oefen op vaste tye … en niks meng met daai tye in nie. Ek werk nie vir dose nie. Ek sny enige iemand met negatiewe energie brutaal gou en permanent uit my lewe. Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek n “girl” by my laat oorslaap het nie.

Vir wat?

Net sodat ek my tyd en geld op haar moet spandeer? Daar gaan baie beter dinge in my kop aan wat baie meer “entertaining” is, as om (langer as wat ek moet) na haar stront te luister. Ek sit liewer in stilte en staar die nietigheid in … verlore in my eie kop … as om iemand in my spasie te hê wat my grensloos irriteer met “small talk.”

Tog hoop ek ek ontmoet eendag iemand na wie se “small talk” ek met liefde wil luister. Bestaan so n unieke wese tog? Ek hou nie my asem op nie….

Ek ry n duur Audi … vir wat? Wie “impress” ek daarmee? Ja, hy ry befok lekker … maar ek betaal baie geld vir daai rygenot. Dis soos om n “fortune seeker” te “date.” Sy ry lekker, maar sy kos jou baie (nie net geld nie).

“Been there, done that.”

Nee, ek is gatvol.

Ek soek iets meer … iets met meer diepte en sin.

Ek wil leef. Ek wil dinge sien en ervaar. Mens hoor altyd van mense wat hulle hele lewe om werk en dan eers die wêreld wil bereis (as hulle nie voor die tyd omkap of n siekte optel nie). Ek verstaan nie….

Hier gaan ons.

So, wat gebeur nou….?

2 responses to “Dis dit!”

  1. Ek verstaan so ietsie van wat jy “uitskreeu” – ons tyd is min en kan ons nie stop nie. “Bucket List” is vir nou nie vir eendag nie – dan is dit dalk te laat. Gelees van vrou wat elke jaar 3 maand oorsee gaan dan werk sy daar en beleef die land en sy mense – sy het ‘n “deal” met haar man en kinders en hulle gun haar dit. Leef en beleef – stem – ons kan nie meer inhou en terughou op ons ouderdom nie – !!!

    Liked by 1 person

Leave a reply to pieter brown Cancel reply